• Tuisblad
  • Voorkoms
  • Gebeure
  • Droom Saam
  • Oortreflik
  • Joernaal
  • Kontak Milanie

Milanie Stadler

Oortreflik

“Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal” – Spreuke 31:29

oortreflik

Ek nooi jou uit na ‘n inspirasie-geleentheid by die prentjiemooi Kasteelkop Gasteplaas naby Frankfort, saam met geliefde aktrise Mila Guy & kykNET Groenste Vingers Seisoen 1 Wenner, Diane van der Merwe.

Kom raak kreatief by die blommerangskikkings werkswinkel saam met Diane, ontvang stylstrategie vir jou klerekas by Milanie & verwag om geïnspireerd weg te stap ná die inspirasie-sessie saam met Mila.

Kom geniet die volle Oortreflik-Ervaring saam met jou ma as ‘n vroeë Moedersdaggeskenk, bring ‘n vriendin saam of kom ontmoet sommer eendersdenkende vroue daar.

My grootste wens vir elke vrou wat ‘n Oortreflik-geleentheid bywoon bly deurlopend dieselfde. Dat sy geïnspireer sal wees om in oortreflike trap te leef, dink en praat, in haar eie unieke manier en in elke aspek van haar lewe.

Inligtingsblad

OORTREFLIK (Sessie 1)

Vrydag, 3 Mei 10:00 – 13:00

40
Sitplekke oor

OORTREFLIK (Sessie 2)

Saterdag, 4 Mei 10:00 – 13:00

40
Sitplekke oor
Boek nou!
F1E5D3D3-346D-4C8A-A03E-4363C4D7CDAD

ontmoet die oortreflik betrokkenes

Mila Guy

Iemand wat beslis geen voorstelling nodig het nie. Mila is ‘n veelsydige, bekroonde aktrise wat sedert 2014 al vele rolle vertolk het in films, televisiesepies en -reekse.

Onder andere in die kykNET mokumentêre reeks, Hotel, die dramakomedie film, Liewe Kersfeesvader en die gewilde sepie, Binnelanders. Sy het ook onlangs twee trouprogramme op VIA aangebied, naamlik, Eendag & Waar’s my trourok.

Mila woon tans in Boston Bellville met haar 37 huisplante, haar pragtige “golden retriever” Huxley en haar skreeusnaakse man, Bennie Fourie. Sy is ewe gemaklik om komedie of drama te doen en het geen probleem daarmee om ‘n gat van haarself te maak of haar oë uit te huil vir ‘n emosionele rol nie.

 

Milanie Stadler

Milanie Stadler is ‘n nie-tipiese boervrou & voorkomskonsultant wat passievol is oor vroue, om positiewe verandering in hulle te inspireer en om hulle unieke Godgegewe potensiaal te ontsluit deur die gebruik van kleur & styl.

Diane van der Merwe

Diane is ‘n passievolle geleentheidsbeplanner en bloemis wat aan die stuur staan van Consmania Floral Artistry. Alhoewel sy haarself al prominent gevestig het in die industrie en weggestap het as die wenner van kykNET “Die Groenste Vingers” Seisoen 1, glo sy mens kan nooit ophou leer of vervolmaak wees in dié kuns nie.

Sy is ‘n vrou en ma wat mal is oor die lewe, mense, diere, lekker kos en natuurlik blomme! Klein dingetjies maak haar opgewonde & sy vind vreugde in haar Godgegewe lewensdoelwit.

kasteelkop-gasteplaas-oortreflik-3-4-mei-2024

OORTREFLIK
BESONDERHEDE

3 & 4 Mei 2024 

Woon een van die twee inspirasie-werkswinkels by – slegs 40 sitplekke per sessie.

Kasteelkop Gasteplaas, Frankfort, Oos-Vrystaat.

Vrydag, 3 Mei 2024:

10:00 – 13:00

OF

Saterdag, 4 Mei 2024:

10:00 – 13:00

Kaartjies

Oortreflik-Ervaring:

R975 per persoon

Bespreek jou sitplek by Milanie:

milaniestadler@gmail.com

Kaartjie sluit in:
  • Inspirasie-sessie: Mila Guy.
  • Stylstrategie vir jou klerekas: Milanie Stadler (Voorkomskonsultant).
  • Blommerangskikkings werkswinkel: Diane van der Merwe (kykNET Groenste Vingers S1 Wenner).
  • Geskenksakkie ter waarde van R500.
  • Persoonlike geskenkie na aanleiding van stylwerkswinkel.
  • Ligte middagete.
Venue

Kasteelkop Gasteplaas, Frankfort, Oos-Vrystaat.

oortreflik-3-4-mei-2024

WAT OM TE VERWAG

Kom koester vrouwees by een van twee eksklusiewe inspirasie-sessies wat by Kasteelkop Gasteplaas (Frankfort) aangebied word die 3de & 4de Mei 2024.

Kaartjies sluit in:

  • Inspirasie-sessie: Mila Guy.
  • Stylstrategie vir jou klerekas: Milanie Stadler (Voorkomskonsultant).
  • Blommerangskikkings werkswinkel: Diane van der Merwe (kykNET Groenste Vingers S1 Wenner)
  • Geskenksakkie ter waarde van R500.
  • Persoonlike geskenkie na aanleiding van stylwerkswinkel.
  • Ligte middagete.

 

Oortreflik

Datums om na uit te sien

3 & 4 Mei 2024 - OORTREFLIK in samewerking met Mila Guy

DATUM: Vrydag, 3 Mei 2024 & Saterdag, 4 Mei 2024

VENUE: Kasteelkop Gasteplaas, Frankfort, Oos-Vrystaat

KAARTJIEKOSTE: R975

BOEK NOU!

Penmaats

Bly op hoogte van alle nuwe gebeure en joernaal inskrywings

  • Voorkoms
  • Joernaal
  • Oortreflik
  • Kontak Milanie

Milanie Stadler Consultancy 2021 Designed by Resolution Creative.