Oortreflik
“Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal” – Spreuke 31:29
oortreflik
Ek nooi jou uit na ‘n inspirasie-geleentheid by die prentjiemooi Kasteelkop Gasteplaas naby Frankfort, saam met geliefde aktrise Mila Guy & kykNET Groenste Vingers Seisoen 1 Wenner, Diane van der Merwe.
Kom raak kreatief by die blommerangskikkings werkswinkel saam met Diane, ontvang stylstrategie vir jou klerekas by Milanie & verwag om geïnspireerd weg te stap ná die inspirasie-sessie saam met Mila.
Kom geniet die volle Oortreflik-Ervaring saam met jou ma as ‘n vroeë Moedersdaggeskenk, bring ‘n vriendin saam of kom ontmoet sommer eendersdenkende vroue daar.
My grootste wens vir elke vrou wat ‘n Oortreflik-geleentheid bywoon bly deurlopend dieselfde. Dat sy geïnspireer sal wees om in oortreflike trap te leef, dink en praat, in haar eie unieke manier en in elke aspek van haar lewe.
OORTREFLIK (Sessie 1)
Vrydag, 3 Mei 10:00 – 13:00
OORTREFLIK (Sessie 2)
Saterdag, 4 Mei 10:00 – 13:00
ontmoet die oortreflik betrokkenes
Iemand wat beslis geen voorstelling nodig het nie. Mila is ‘n veelsydige, bekroonde aktrise wat sedert 2014 al vele rolle vertolk het in films, televisiesepies en -reekse.
Onder andere in die kykNET mokumentêre reeks, Hotel, die dramakomedie film, Liewe Kersfeesvader en die gewilde sepie, Binnelanders. Sy het ook onlangs twee trouprogramme op VIA aangebied, naamlik, Eendag & Waar’s my trourok.
Mila woon tans in Boston Bellville met haar 37 huisplante, haar pragtige “golden retriever” Huxley en haar skreeusnaakse man, Bennie Fourie. Sy is ewe gemaklik om komedie of drama te doen en het geen probleem daarmee om ‘n gat van haarself te maak of haar oë uit te huil vir ‘n emosionele rol nie.
Milanie Stadler is ‘n nie-tipiese boervrou & voorkomskonsultant wat passievol is oor vroue, om positiewe verandering in hulle te inspireer en om hulle unieke Godgegewe potensiaal te ontsluit deur die gebruik van kleur & styl.
Diane is ‘n passievolle geleentheidsbeplanner en bloemis wat aan die stuur staan van Consmania Floral Artistry. Alhoewel sy haarself al prominent gevestig het in die industrie en weggestap het as die wenner van kykNET “Die Groenste Vingers” Seisoen 1, glo sy mens kan nooit ophou leer of vervolmaak wees in dié kuns nie.
Sy is ‘n vrou en ma wat mal is oor die lewe, mense, diere, lekker kos en natuurlik blomme! Klein dingetjies maak haar opgewonde & sy vind vreugde in haar Godgegewe lewensdoelwit.
OORTREFLIK
BESONDERHEDE
3 & 4 Mei 2024
Woon een van die twee inspirasie-werkswinkels by – slegs 40 sitplekke per sessie.
Kasteelkop Gasteplaas, Frankfort, Oos-Vrystaat.
Vrydag, 3 Mei 2024:
10:00 – 13:00
OF
Saterdag, 4 Mei 2024:
10:00 – 13:00
Oortreflik-Ervaring:
R975 per persoon
Bespreek jou sitplek by Milanie:
milaniestadler@gmail.com
- Inspirasie-sessie: Mila Guy.
- Stylstrategie vir jou klerekas: Milanie Stadler (Voorkomskonsultant).
- Blommerangskikkings werkswinkel: Diane van der Merwe (kykNET Groenste Vingers S1 Wenner).
- Geskenksakkie ter waarde van R500.
- Persoonlike geskenkie na aanleiding van stylwerkswinkel.
- Ligte middagete.
Kasteelkop Gasteplaas, Frankfort, Oos-Vrystaat.
WAT OM TE VERWAG
Kom koester vrouwees by een van twee eksklusiewe inspirasie-sessies wat by Kasteelkop Gasteplaas (Frankfort) aangebied word die 3de & 4de Mei 2024.
Kaartjies sluit in:
- Inspirasie-sessie: Mila Guy.
- Stylstrategie vir jou klerekas: Milanie Stadler (Voorkomskonsultant).
- Blommerangskikkings werkswinkel: Diane van der Merwe (kykNET Groenste Vingers S1 Wenner)
- Geskenksakkie ter waarde van R500.
- Persoonlike geskenkie na aanleiding van stylwerkswinkel.
- Ligte middagete.
Oortreflik
Datums om na uit te sien
DATUM: Vrydag, 3 Mei 2024 & Saterdag, 4 Mei 2024
VENUE: Kasteelkop Gasteplaas, Frankfort, Oos-Vrystaat
KAARTJIEKOSTE: R975
Penmaats