Prakties en modern
voorkomskonsultering
‘n Praktiese & moderne benadering tot voorkomskonsultering vir jong vroue, beroepsvroue, plattelandse- & boervroue (net soos ek).
My dienste
self-ontdekking & potensiaal ontwikkeling
Kom saam met my op ‘n reis van self-ontdekking & potensiaal ontwikkeling. Die reis begin binne elkeen van ons, die uiterlike is net die kersie op die koek en die manier wat ons die innerlike na die wêreld daar buite kan uitstraal. #TheFabulousFarmWife
Stylanalise
Analisering van liggaamstipe, gesigvorm & stylpersoonlikheid. Aanbevelings & voorstelle volgens elke individu se unieke uitslae. Kliënte ontvang ‘n persoonlike aanlyn stylprogram – My Private Stylist.
R1500p/p
Konsultasietyd: ±1.5 uur pp
Reiskostes uitgesluit.
R1190 p/p
Konsultasietyd: ±1uur p/p
Min 2 & maks 4 persone.
Reiskostes uitgesluit.*
R1250p/p
Konsultasietyd: ±1 uur p/p
Kleuranalise
Bepaling van spesifieke kleure wat by elke individu pas. Kliënt ontvang eie persoonlike kleurkaartjie wat bestaan uit 60 kleure wat pas by hulle unieke samestelling. Koerierkoste van die kleurkaartjie is ingesluit by die virtuele kleuranalise (slegs in SA).
R1500p/p
Konsultasietyd: ±1.5 uur pp
Reiskostes uitgesluit.
R1190 p/p
Konsultasietyd: ±1uur p/p
Min 2 & maks 4 persone.
Reiskostes uitgesluit.*
R1250p/p
Konsultasietyd: ±1uur p/p
Klerekas-Analise
Hierdie komponent word aanbeveel nadat die kliënte se kleur- & stylanalise voltooi is, aangesien dit ‘n goeie basis vorm vir die analisering van ‘n klerekas. Boonop gee dit die kliënt beter agtergrond kennis om die basiese konsepte van styl & kleur te verstaan en toe te pas.
Analisering van klerekas op grond van elke kliënt se unieke liggaamstipe, kleurpersoonlikheid & stylpersoonlikheid.
R500 per/uur. Reiskostes uitgesluit.*
WERKSWINKELS, KONFERENSIES & SPESIALE GELEENTHEDE
Ons elkeen het ‘n storie. Om my storie te vertel en ander daarmee te inspireer is ‘n voorreg.
- Professionele spreker by spesiale geleenthede, werkswinkels & retreats.
- Aanbieder & spanlid van Voelgoed Vroue Retreats by Kasteelkop Gasteplaas.
Die kostes hang af van die tipe geleentheid & wat ingesluit word. *Reiskostes is addisioneel en word bereken teen R6.50 p/km.
Stuur gerus ‘n e-pos na milaniestadler@gmail.com
Modes vergaan
Styl is tydloos
My benadering tot voorkomskonsultering is persoonlik – ek neem die individu se voorkeure, persoonlikheid en waardes in ag, nie noodwendig dit wat tans in die mode is & relevant is nie.
