
Saterdag die 6de Mei is OORTREFLIK Mooi aangebied by Uitsig Boutique Hotel in Welkom. ‘n Ekslusiewe grimeer- en stylwerkswinkel waar, onder andere, onderwerpe soos stylpersoonlikhede, liggaamstipes en grimeerwenke aangeraak is. Tydens die geleentheid het Amorie Pearson, professionele fotograaf en grimeerkunstenaar, ‘n grimeerles aangebied en van haar gunsteling grimeerwenke met die Welkom-dames gedeel.
Nou kan jy dit óók by die huis probeer:
- Voorbereiding, voorbereiding, voorbereiding: Daar is niks so belangrik soos voorbereiding van jou vel en lippe vir grimering aanwending nie. Afskilfering van dooie velletjies gaan die wêreld se verskil maak en verseker dat grimering egalig aangewend word. Afskilfering geld vir jou lippe óók – maak jou lippe nat, vat ‘n skoon tandeborsel & borsel liggies. Indien jy ‘n lip-afskilferaar het, nóg beter.
- Dis nie net nog ’n foefie nie – koop ’n goeie basislaag (“primer”): ’n Goeie basislaag verseker nie net dat grimering langer in plek bly en dat jy ‘n meer afgeronde grimeervoorkoms het nie, maar dit dien ook as ’n beskermingslaag tussen jou vel en die grimering wat jy aanwend. Dit is ‘n móét vir elkeen se grimeersakkie. Amorie gebruik ALILA Professional Makeup se Bre-base Primer.
- Verligter: Vir ’n opgehelderde voorkoms, wend verligter aan reg onder die wenkbrou, in die binnehoeke van jou oë en op die wangbeen. Amorie gebruik Dazzle Dust van ALILA Professional Makeup as verligter.
- Pasop vir téveel poeier: Dis nie nodig om elke hoekie en draai van jou gesig te poeier en nog hope daarvan te gebruik nie – veral nie as jy poog om ‘n vars & gloeiende voorkoms te bekom nie. Gebruik bietjie minder poeier, fokus op jou T-zone, onder jou oë, op jou ken en jou neus.
- Aanblysproei: Dit is nie net nog ’n mite nie, dit werk beslis! Aanblysproei is jou antwoord om grimering in plek te hou en seker te maak dit hou langer.
Join the Convo